Sportfederasies eis antwoorde van McKenzie
Verskeie sportfederasies eis antwoorde nadat die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, die R31 miljoen se staatsbesteding aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi verdedig het. Hoewel McKenzie volhou daar is niks om weg te steek nie, meen kritici die geld kon beter gebruik word om plaaslike sportontwikkeling te ondersteun. Ons praat met Joseph McGluwa, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur.
