Sterre en planete: “Cubesats”; Lagrange-wentelbaan
4 Oktober 2026: Ons praat oor sogenaamde “cubesats” – een wat sowaar van hout gemaak is! Ons praat ook oor hoekom die materiale waarvan ruimtetuie gebou word, baie versigtig gekies moet word. Die span verduidelik die spesiale Lagrange-wentelbaan waarin die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop geplaas word, asook hoe dit eksoplanete en donker materie sal bestudeer.
