Sterre en planete: Moontlike ontdekking van ’n nuwe dwergplaneet
1 November 2026: Jim Adams en prof. Matie Hoffman bespreek drie ruimtesendings, naamlik die Japanese Martian Moons eXploration (MMX), HERA, die opvolgsending van DART na die binêre asteroïdestelsel van Didymos en Dimorphos, en die Roman-ruimteteleskoop wat tans ingenieurstoetse ondergaan. Daar is ook nuus van die moontlike ontdekking van ’n nuwe dwergplaneet. ‘n Luisteraar vra ’n interessante vraag oor ’n ruimtevaarder wat wegdryf van sy ruimteskip gedurende ’n ruimtewandeling.
