Sterre en planete: SANSA se dienste
8 November 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor die jongste sonaktiwiteit. Die span praat oor die dienste wat by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (SANSA) in Hermanus aangebied word, soos ruimteweer en die aarde se magneetveld. Die span beantwoord ook luisteraarsvrae oor die verband tussen sonvlekaktiwiteit en die El Niño-weerverskynsel, en die ontstaan van die natuurwette aan die begin van tyd.
