Sterre en planete: Van NASA Deep Space Station 51 tot Hartebeesthoek Radio-sterrewag
18 Oktober 2026: ’n Gereëlde luisteraar het ’n wonderlike wenk gegee oor iemand wat hy ken wat in die 1960’s uit Brittanje na Suid-Afrika gekom het om by NASA se Deep Space Station 51 te kom werk. Vandag ken ons dit as die Hartebeesthoek Radio-sterrewag. Mike Ainley vertel land en sand van die belangrike rol wat Suid-Afrika gespeel het in die beginjare van satellietopsporing, hoe hulle destyds gewerk en geleef het, hoe die reuse antenna later opgradeer is en oorgegaan is na radio sterrekunde, wat uiteindelik gelei het tot Meerkat en die SKA.
