Sterrre en planete: Ruimteweerraaisel opgeklaar; Nobelprys vir Fisika
11 Oktober 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer en verduidelik hoe wetenskaplikes onlangs ’n 1840’s ruimteweerraaisel opgeklaar het. Hy verklaar ook ’n skielike afname van 30% in atmosferiese straling wat studente in 2024 met instrumente op ballonne gemeet het. Prof. Matie Hoffman verduidelik die belangrikheid van die 2026 Nobelprys vir Fisika, hoe spookpartikels opgespoor kon word met die IceCube-detektor deur ’n een kubieke kilometer deursigtige ysblok in Antartika.
