Sterskieter: Nischette Willemse (Deel 1)
Wat kry jy as jy in Newclare, Johannesburg, grootword, nie op die oog af baie goed op skool presteer nie, en dan later in jou lewe jou Meestersgraad Cum Laude slaag? Die programbestuurder by ‘n nasionale uitsaaier se kanaal, S3, natuurlik! Nischette Willemse deel haar storie oor hoe jou verlede net jou beginpunt is en nie jou hele storie of waarheen jy op pad is nie.
