Tegnologie met Blaine: Die gevare van aanlyn-uitbuiting vir jongmense
27 Augustus 2026: ‘n 16 jarige van Malmesbury in die Wes-Kaap staar elf verskillende aanklagte in die gesig ná sy inhegtenisneming in verband met die beweerde bedrywighede van ‘n wêreldwye aanlynnetwerk, wat kinders seksueel uitbuit. Volgens die redakteur van MyBroadband.com, Jan Vermeulen, begin kontak dikwels op gewone aanlynplatforms.
