Skip to content

POTGOOISNITTE

Tegnologie met Blaine: SAP waarsku teen nuwe verkeersboete-bedrogspul

Tegnologie met Blaine: SAP waarsku teen nuwe verkeersboete-bedrogspul

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-08-06

6 Augustus 2026: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens waarsku motoriste teen ‘n nuwe bedrogspul, waar vals verkeersboetes per SMS, e-pos en WhatsApp versprei word. Kubermisdadigers probeer mense onder druk plaas om op skakels te klik, geld oor te betaal, of selfs persoonlike en bankbesonderhede bloot te stel. Ons kyk hoe dié bedrogspul werk, en wat jy moet doen om jouself te beskerm.