Tenders, twis en Juju wat glo toutjies trek in Tshwane
Die Tshwane-metroraad se politiek is weer in die nuus ná nuwe bewerings van tendermanipulasie en politieke inmenging. Die DA eis dat die EFF rekenskap gee oor bewerings dat Julius Malema se naam opgeduik het in getuienis oor beweerde tendermanipulasie in Pretoria. Terselfdertyd is daar ook die omstredenheid oor die aanstelling van senior amptenare in die metro, en vrae oor wie werklik die toutjies trek agter die skerms. Ons praat met Cilliers Brink, ’n DA-raadslid en burgemeesterskandidaat.
