Skip to content

POTGOOISNITTE

Terug skool toe vir ons onderwysers?

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-25

Onderwyskenners en beleidsmakers van regoor die wêreld vergader tans in Ethiopië waar Unesco sy jongste wêreldverslag oor onderwysers bekend stel. Die verslag bepleit ’n nuwe benadering tot die professionele ontwikkeling van onderwysers. Suid-Afrika is een van ses lande wat as gevallestudies in die verslag dien. Die land se afvaardiging by die internasionale onderwysforum sluit, onder andere, dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, in.