UJ-koor op pad China toe om Afrika se stemme te laat hoor
Van die strate van Jozi na een van die wêreld se belangrikste koorsangverhoë. Die Universiteit van Johannesburg se koor vertrek later vandeesweek na Macau in China, waar hulle Suid-Afrika by die Wêreldsimposium oor Koormusiek sal verteenwoordig. Hulle is een van net 13 kore wêreldwyd wat genooi is om op te tree, en die enigste een uit Afrika.
