Van Der Aven by die Woordfees
By die Woordfees vier ons die krag van stories. Ons praat met drie broers wat hulle stories deur meesleurende harmonieë en diep Karoo-wortels vertel. Hulle meng akoestiese folk moeiteloos met grensverskuiwende alternatiewe klanke. Hulle is Roelof, Theunis en Paul – die manne van Van Der Aven.
