Vol vreugde: Inligtingsoorlading
Blydskapsnavorser Johannes de Villiers is ’n skrywer oor bewustelikheid, meditasie en positiewe sielkunde. Ons leef in ’n tyd waarin nuus letterlik binne sekondes by ons uitkom – van oorloë en rampe tot slegte nuus hier by die huis. Ons wil ingelig wees, maar kan ’n mens só oorlaai word met inligting dat dit begin om jou vreugde en gemoedsrus te beïnvloed?
