Skip to content

POTGOOISNITTE

Vroueregte ná 32 jaar van demokrasie: vordering, maar steeds beperk

Vroueregte ná 32 jaar van demokrasie: vordering, maar steeds beperk

Kategorie: Op en Wakker2026-04-29

Sedert 1994 het Suid-Afrika groot stappe gedoen om vroueregte te bevorder – van ’n grondwet wat gelykheid waarborg tot wette wat vroue se regte in die werkplek en huwelike beskerm. Vroue is vandag goed verteenwoordig in die politiek, die regbank en die openbare lewe. Ondanks dié vordering bly die prentjie onvolledig. Geslagsgebaseerde geweld, ekonomiese ongelykheid en werkloosheid beteken dat baie vroue se ervaring van vryheid steeds beperk bly. Ons praat hieroor met Christi van der Westhuizen, ’n professor in sosiologie by die Universiteit van Wes-Kaapland.