Skip to content

POTGOOISNITTE

Wat sal Eskom-ontbondeling vir verbruikers beteken?

Wat sal Eskom-ontbondeling vir verbruikers beteken?

Kategorie: Op en Wakker2026-08-10

President Cyril Ramaphosa het onlangs sy goedkeuring gegee vir die eerste fase van die ontbondelingsplan vir Eskom. Dit sal uiteindelik daartoe sal lei dat die transmissieafdeling ‘n aparte maatskappy word. Eskom self lyk egter nie baie opgewonde of haastig om die ontbondeling deur te voer nie. Boonop is die transmissieafdeling die winsgewendste afdeling. Ons praat hieroor met Antoinette Slabbert, ‘n spesialis energiejoernalis.