Wie is ek? 24 April 2026
Mense wat sukkel om nee te sê, dra dikwels ’n dieper vrees – dat hulle waarde lê in hoe beskikbaar en goed hulle vir ander is. Ons praat oor hoekom grense soos mislukking voel, en hoe jy dit kan herbedraad sonder skuld. ’n “Moeilike” persoon is nie altyd net iemand anders nie, dit is dikwels iemand wat presies jou eie patrone, vrese of grense uitdaag. Ons ontleed hoe om met “moeilike” mense te werk sonder om jouself te verloor of stil-stil kwaad te word.
