Skip to content

POTGOOISNITTE

Willie Esterhuizen kry toekenning vir lewensbydrae

Willie Esterhuizen kry toekenning vir lewensbydrae

Kategorie: Op en Wakker2026-07-20

Hy is ‘n bedrewe akteur, ‘n formidabele regisseur en draaiboekskrywer, en hiervoor word hy eersdaags by die kykNET Silwerskermfees met ‘n toekenning vir sy lewensbydrae vereer. Willie Esterhuizen het geen bekendstelling nodig nie. Hy is veral bekend vir sy TV-werk agter die skerms, soos Orkney Snork Nie en ‘n rits ander, maar was ook voor die kamera te sien in Vetkoekpaleis, Faan se Trein en Story of an African Farm.