Skip to content

POTGOOISNITTE

Woordfees staan einde se kant toe

Woordfees staan einde se kant toe

Kategorie: Op en Wakker2026-10-09

Ons saai uit vanaf die RSG en ATKV-vierkant by die Woordfees op Stellenbosch. Ons praat met Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Vanjaar se se feestema is: DIS HOOG TYD, en met bykans 50 000 feesgangers wat op Stellenbosch toesak, is dit een van die grootste kunstefeeste in Afrika. Dis nie ‘n fees met ‘n biertent en vlooimark nie – dis wat die fees so uniek maak – maar ‘n tekort aan vermaak en bepeinsing is daar beslis nie.