Zero-alkohol dalk binnekort bestuurders se voorland
Die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, het onlangs aangedui haar departement wil die alkoholvlak vir bestuurders op Suid-Afrikaanse paaie, na nul verminder met ‘n wysigingswet. Talle kenners meen die huidige wetgewing en beperkings is meer as voldoende, en dat dat eerder gekonsentreer moet word op wetstoepassing. Ons praat hieroor met die regsgeleerde, Danie Cronjé, wat in die alkoholbedryf werk.
