RESEPTE
Cheralee se sjokoladekoekies
Cheralee
Bestanddele
250 g botter
1 teelepel vanieljegeursel
¼ teelepel sout
500 g versiersuiker
2 eetlepels kakao
2 eiers, geklits
2 pakkies Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
50 g klapper
Metode
Meng en verhit die botter, kakao, vanieljegeursel en versiersuiker in ‘n kastrol.
Roer totdat die botter gesmelt het.
Haal die kastrol van die plaat af, en roer die geklitste eiers by.
Plaas die kastrol terug op die warm plaat, en roer tot die mengsel verdik.
Voeg die Mariebeskuitjies by die mengsel.
Voeg dit in ‘n vierkantige bak, strooi die klapper oor en druk dit vas.
Laat dit verkoel in die yskas, en sny dit in blokkies sodra die mengsel gestol is.