Beteken kwes en kwets dieselfde? Wat is die verskil tussen verseker en vir seker, en hoe word dit gebruik? Dié en ander taalnavrae word beantwoord saam Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Rand en Sent gesels met Whitey Basson, deel 2
Jody Hendricks praat in die tweede deel van sy onderhoud met die baanbreker sakeman, Whitey Basson, oor leierskap, en Basson gee ook ‘n feestydboodskap aan luisteraars.
Luister ook na deel 1.
Hier is klimaatsverandering al lankal aan die gang
Klimaatsverandering is deesdae die gonswoord, en ons hoor allerlei redes hoekom dit gebeur. Maar diep in die Winterhoek en Baviaanskloofberge ervaar boere al lankal klimaatsverandering. Meer as 40 jaar gelede het dit byvoorbeeld nog gereeld daar gesneeu en het die Grootrivier standhoudend geloop, onthou Bennie Rathbone van die gasteplaas Hadley. Mariska Spoormaker het met hom by ‘n vleisbraaivuur gepraat.
Hoe maak ‘n vuurvliegie lig?
Kan ‘n padda in melk, suurmelk verhoed? Hoe maak vuurvliegies lig, en watter ander lewende wesens kan dit ook doen?
Suid-Afrika het ’n groot kernkragspeler
Dr. Kelvin Kemm – voorsitter, Sratek Global
Wiskunde en wetenskap: SA-leerders laaste, dis die onnies se skuld
Suid-Afrikaanse leerders het lelik afgesteek in die 2023 Tendense in Internasionale Wiskunde en Wetenskapstudie, of te wel TIMSS. Dit meet leerlinge se wiskunde- en wetenskapgeletterdheid in verskeie lande. Suid-Afrika het laaste gekom. Dis egter nie so eenvoudig nie, sê professor Michael le Cordeur, Visedekaan: Onderrig en Leer van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Regsake: Voetganger-eise teen die Padongelukkefonds; botsing weens selfoon-gebruik
Igna Klynsmith praat oor voetgangerseise teen die Padongelukkefonds.
Hy bespreek ook ‘n geval waar ‘n versekeringsmaatskappy ‘n vrou aanspreeklik hou vir ‘n botsing, wat volgens hulle veroorsaak is deur haar gebruik van ‘n selfoon terwyl sy bestuur het.
Patentprokureur Karel Bredenkamp praat oor onregmatige mededinging.
Die finansiële impak van indringerspesies is baie groot
Prof. Brian van Wilgen, ekoloog by die Sentrum vir Uitnemendheid in Indringerbiologie aan die Stellenbosch Universiteit
Sal ‘n windpomp op Mars werk?
Professor Matie Hoffman praat oor ’n vals video wat weer die rondte doen. Daar is luisteraarsvrae oor die kolonialisering van Mars, en hoe ’n windpomp op daardie planeet sal werk. In Ruimteraai vra ons wat ‘n skrikkelsekonde is. En Lafras Smit vertel waarna ons kan uitsien in Desember se naghemel.
Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp?
Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp? Hoe hanteer ons konflik met ons voorskoolse kinders? Yolandi van den Heever, ‘n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskool-onderwyser het raad.