Donderdagaand se dokumentêr, Plektrum deur Esté de Klerk is ‘n musikale reis van die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz se lewe.
Die meeste musiekliefhebbers het Mauritz Lotz al êrens op ‘n verhoog sien speel, of het opnames waarop hy speel by die huis. Maar, mense weet betreklik min oor hom en sy loopbaan van wereldformaat.
Nie net het hy al op meer as 4000 opnames gespeel het, maar hy het ook tien albums vrygestel, spog met twee Grammy’s en is ook ‘n Grammy-beoordelaar. Die lys van die internasionale kunstenaars saam met wie hy opgetree of die verhoog gedeel het, is eindeloos en strek van die Rolling Stones tot Sting, van Chris de Burgh tot Joan Armitrading. Oor die afgelope dekade het Mauritz Lotz ook sy eie stem as volwaardige komponis gevind.

Hierdie uur-lange profieldokumenter, Plektrum, vertel die verhaal van Mauritz Lotz se lewe en werk oor byna vyf dekades deur sy eie oe en 11 ander kunstenaars wat oor die jare saam met hom gewerk het.
Dit is nie ‘n dokumentêr wat jy wil mis nie!
‘n Plektrum is ‘n klein stukkie gereedskap wat gebruik word om snaarinstrumente mee te tokkel. Vir die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz is ‘n plektrum deel van sy persoonlike arsenaal, en versinnebeeld dat iets klein – ook in die lewe – ‘n groot verskil kan maak.
Dié profieldokumentêr, Plektrum, vertel die verhaal van Mauritz Lotz se lewe en loopbaan van wêreldformaat. In dié musikale reis, maak Mauritz sy hart oop teenoor Esté de Klerk en deel hoekom sy hartsverbintenis tot musiek hom so veilig laat voel en ‘n plek is waar hy heel word.