Politieke gevolge van die uitgestelde begrotingsrede

Die DA en ander vennote in die Regering van Nasionale Eenheid mag dalk in die verlede agteroor gebuig het om die ANC en sy beleid in die RNE te akkommodeer, maar ‘n belastingverhoging was oënskynlik die laaste strooi. Die Minister van Finansies kon vir die eerste keer in meer as 30 jaar nie gister die begrotingsrede lewer nie. Terwyl opposisiepartye buite die RNE die regering van swak leierskap beskuldig het, meen partye soos die DA en VF Plus, die ANC het nou geleer hulle regeer nie meer alleen met ‘n volstrekte meerderheid nie. Ons praat hieroor met die voormalige leier van die DA, Tony Leon.

Emigreer? Dink hieraan!

Die son skyn te min, en sy vrou snik snags in haar kussing, skryf Zirk van den Berg in sy onlangse memoir, LANDUIT, WANT JY WIL MOS, oor sy en sy gesin wat in 1998 Nieu-Seeland toe uitgewyk het. Met die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel, word landuit trek weer druk bespreek. Maar om te emigreer kan emosioneel verwoestend wees. Ons praat hieroor met dr. Sulette Ferreira, ‘n sielkundige wat spesialiseer in migrasie-terapie.

Luister weer: Swartkops-soutpanne – van see tot sout

Swartkops se seesoutpanne

Langs die kus van die Oos-Kaap, waar die Swartkopsrivier sy soutwater in die see uitstort, lê ’n storie gewortel in die aarde, die see, en die hande van mense. Dit is die verhaal van Swartkops seesout – ’n natuurlike skat wat met geduld en sorg geskep word.

Ons neem jou op ’n reis na hierdie unieke plek, waar tradisie, natuur, en gemeenskap hand aan hand gaan.

Seesout het al vir eeue ‘n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Swartkops, Die inheemse bewoners van hierdie streek was die eerste mense wat sout as ‘n waardevolle hulpbron gebruik het. Hulle het dit nie net gebruik om kos te geur nie, maar ook as middel om voedsel te preserveer.

Sover bepaal kon word, was die Veeplaas en Swartkops soutpanne alreeds in die vroëe 1900’s in produksie as klein soutmyntjies onder mynverhurings permitte. In 1958 het Federale Mynbou hierdie klein soutmyntjies uitgekoop en die area ontwikkel om sout te produseer deur soutwater met hooggety in verdampingsdamme te pomp

Jacques Arendt en Chrisjan Joubert

Dit is interessant om te besef Suid-Arika is ‘n netto invoerder van sout; al die soutpanne in Suid-Afrika produseer nie voldoende sout vir die land se sout behoeftes nie.

 Swartkops seesout is nie net ’n produk nie – dit is ’n simbool van die ryk geskiedenis, die krag van die natuur, en die onblusbare gees van die mense wat hierdie skat uit die aarde oes. In elke korrel lê ’n storie, en elke storie verdien om vertel te word.

Dankie dat jy saam met ons gereis het na hierdie unieke hoekie van Suid-Afrika.

Jacques en Eric Louw

Jacques gesels met Jade Perring
Jacques gesels met Karen Arendse
Opgaar verdampingsdamme
Chrisjan Joubert

 

Nuwe soort kankerbehandeling kan sommige gevorderde kankers stuit; dek jou mediese fonds dit?

‘n Vrou wat in April 2024 met verspreide longkanker gediagnoseer is, was drie maande later sonder ‘n teken van kanker. Sy is met geteikende medikasie behandel. Hoe werk dit? En waar pas nuwe kankerbehandelings en bestaande chemoterapie en bestraling in?

Deel 2

Geteikende kankerterapie kan vir sekere kankers, selfs gevorderde en verspreide kanker, in bedwang bring. Dit word saam met immunoterapie as die kankerbehandeling van die toekoms gereken. Het geteikende kankerbehandeling newe-effekte? Moet ‘n pasiënt dit vir altyd gebruik? Dek jou mediese fonds die nuutste kankertoetse en -behandeling?

Kan ‘n Boeing van ‘n bewegende vervoerband opstyg?

Stel jou voor dat ‘n Boeing 747 op ‘n vervoerband staan, so breed en lank soos ‘n aanloopbaan. Die vervoerband is ontwerp om presies by die spoed van die wiele te pas en in die teenoorgestelde rigting te beweeg. Kan die vliegtuig opstyg?

Is dit waar dat krokodille nader verwant is aan voëls as aan akkedisse en slange?

Waarheen is die Kerk op pad?

Die eeueoue Oosterse gebruik van meditasie het begin posvat in baie kerke. Hoe pas gebed hierby in? Flip Loots en dr. Isak Burger praat hieroor.

Is reële groei van byna 3% in die landbousektor haalbaar?

Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid verwag ‘n reële groei van net onder drie persent vir die landbousektor in 2025, maar daar is verskeie faktore wat dit kan beïnvloed. Kwelpunte in die veilingsbedryf is tydens die derde jaarlikse Rooivleiswerksessie op Kroonstad uitgelig. Johan Vosser van die Suid-Afrikaanse Federasie van Lewendehawe Agente gee terugvoer.

Jy kan ook uitsien na ons landbouweer- en vleisprysegesprek.