Hoe werk DEXA-, CT-, MR- en ander skanderings en hoe lyk dit?

Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderimngs soos X-strale, CT- en MR-skaderings?

Ons kyk ook na fibromialgie en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word.

Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word.

Só lyk die verskillende beeldings:

Dexa beeld
Dubbel-energie X-straal absorbsie

om vet- en spiermassa in die liggaam te meet:
Vet en spiere is in verskillende kleure

Sonarbeelde oftewel ultraklankbeelde
Sonarskandering word bv in ‘n trauma-eenheid eerste gebruik om binne die liggaam te kyk om vas te stel of daar ‘n bloeding is of iets anders opgetel kan word.
Dit werk met klankgolwe wat terugkaats.

Die algemeenste sonarbeelde is van ‘n ongebore baba.
Die 3D of 4D sonarbeelde gee meer besonderhede
Lewervervetting is te sien: dis die swart “vet-kolle” in die lewer.
Hier word die vet in die lewer gesien as die swart strepe

 

X-strale
Vanaf ‘n enkele radio-aktiewe bron
Meestal om beenfrakture, en die longe te bekykCT-skandering
2 radio-aktiewe bronne
Beter beelding as X-strale
Kan binne-in die liggaam van voor na agter maar ook in dwarssnitte van bo na onder bekyk

Die brein in dwarssnitte van bo na onder
Die brein van voor na agter (heel links), van die kant af (links), van voor na agter (naasregs) en van bo na onder (regs).
Die buik van bo na onder. Die pyl is na die regternier

MR-skanderding
Hier word magneetvelde gebruik om die beelding te skep.
Die beelde is die beste moontlike en word veral vir die spinaalkoord en brein gebruik.

MR beelde is duidelik, en strukture kan duidelik uitgeken word. Kleure kan ook aan die verskillende ‘digthede’ van weefsel toegeken word.

PET-skandering
Positron-emissie tomografie.
Hierdie skandering word veral gebruik om funksies van organe te bepaal, en om kanker na te spoor.
‘n Radio-aktiewe stof met ‘n kort leeftyd word in die bloedvatstelsel ingespuit, wat dan na die spesifieke orgaan beweeg.
Dit word dikwels saam met CT- of MR-beelding gebruik om die presiese posisie van die aktiwiteit te bepaal.

 

Hier word ‘n PET beeld van die brein saam met MR-beelde gebruik. Dit dui duidelik ‘n letsel in die brein aan.
Die blink kol is ‘n letsel van die tiroïed wat met die PT beeld (regs) opgespoor kon word en nie soseer met die CT beeld (links) nie.

Funksionele MR-skandering
Met hierdie spesiale MR-skanderings kan die funksies van bv die brein gesien word.

Met hierdie funksionele MR-beelde kan gesien word watter dele van die brein betrokke is as die pasiënt sy hand beweeg.
Hier kan gesien word watter dele van die brein aktief is en gestimuleer word met depressie en chroniese pyn en watter dele nie gestimuleer word nie, teenoor ‘n normale brein.

 

 

 

 

Hoe werk pyn? (Sketse en verduidelikings)

Een uit elke vyf mense ly aan chroniese pyn. Hoe werk pyn? Wat is normale pyn? Wat loop skeef dat ‘n mens chroniese pyn ontwikkel?

Deel 2

Pyn is in jou brein gesetel. ‘n Spesifieke soort chroniese pyn kan vererger indien die chirurg opereer, of deur inspuitings. Maar baie pasiënte en dokters verstaan nie hoe chroniese pyn werk, en hoe om dit te benader nie.

Hier is interessante sketse en verduidelikings wat Dr Willem-Johan Steyn saamgestel het.

Stap 1. Die pyn impulse word van die plek van die besering tot in die brein gelei. Dit duur millisekondes en eers as die impuls die sensoriese korteks bereik, voel jy die pyn.

Impulse word  van die besering via ‘n senuwee na die neurone in die rugmurg gelei
Die pyn word dan van die rugmurg na die brein gelei
Die ‘brug” waar die impulse van die eerste neuron na die tweede neuron in die rugmurg oorgedra word, word ‘n sinaps genoem
Van die rugmurg gelei die neurone die impulse na die thalamus in die brein, en die thalamus versprei die impulse na die regte plekke op die buiterand van die brein
Die buiterand van die sensoriese brein korteks is netjies opgedeel in ‘n kaart van die mens se liggaam, en die thalamus stuur dan die impulse van die toon na die toon op die kaart, of van die knie na die knie op die kaart, of van die vinger of mond na die ooreenstemmende vinger of mond op die kaart. Die gevoeligste dele van die liggaam het die meeste verteenwoordiging op die kaart
Die thalamus stuur ook die seine na ander dele van die brein wat dan meer emosionele reaksies of herrinneringe van vorige trauma opwek.

Stap 2. Die impulse word uit die brein weer terug na die rugmurg gelei.

Screenshot
Die bane uit die brein gaan na die sinaps in die rugmurg, waar Endorfien en Encephalin vrygestel word wat help om die pyn soveel as moontlik te blok en die oynervaring te verminder. Die oordragstowwe Serotonien en Noradrenalien in die brein dryf hierdie pynverminderingseffek.

Die verskillende soorte PYN

Akute pyn en chroniese pyn is die hoofgroepe van pyn
In chroniese pyn kan dinge op enige plek in die stygende of dalende pynbane verkeerd loop.

Npg ‘n voorbeeld van nosiseptiewe pyn
Nog ‘n voorbeeld

Voorbeeld van neuropatiese pyn

Die maklikste manier om die soort pyn te verstaan is om aan ‘n oorsensitiewe en foutiewe wekker te dink
Simptome van nosiplastiese chroniese pyn is wydlopend
Nog simptome van nosiplastiese pyn

 

 

 

 

 

Vroue van Ashton bring skool op been

Toe ‘n groep boervroue destyds besluit het om kragte saam te span ter wille van die opheffing van plaaslike kinders, het ‘n organisasie tot stand gekom wat die lewensroete van honderde jongmense help rig na een van betekenisvolle deelname en selfwaarde. Patrizia van Zyl, Nelanie Bruwer en Amanda de Wet van Ashton in Action vertel van ‘n skool wat op die been gebring is met die bystand van die plaaslike landbougemeenskap.

Wat is die jongste oor swamdoder-deposisie op koring?

Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller deel die jongste navorsingsresultate oor swamdoder-deposisie op koring.

Ashia Petersen, direkteur van volhoubare hulpbronbestuur by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, verduidelik hoe boere bevoordeel is deur die onderhou van die Lae Olifantsrivier-kanaal.

Agri-Expo is op soek na Suid-Afrika se volgende jong grensverskuiwer in die suiwelbedryf.

Hoekom verdwyn Saturnus se ringe nou en elke 15 jaar?

Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel van al die aksie in Maart se naghemel.

Ons verduidelik hoekom Saturnus se ringe elke 15 jaar “verdwyn”, soos nou weer, en gesels uitgebreid oor al die interessanthede van Pluto, wat vandeesmaand 95 jaar gelede ontdek is.

’n Luisteraar vra of noord, suid, oos en wes dieselfde werk op aarde, die sonnestelsel asook die Melkweg.

Skrywers en boeke: oor Margaret Atwood, Tom Robbins, Ian McEwan, Abdulrazak Gurhah

Resensent en smaakmaker-finalis Trisa Hugo gesels oor boeke wat haar lewe verander het. Van DIE REISE VAN ISOBELLE tot WILHELMINA: KAMPKIND OP JAVA tot GRIET SKRYF ‘n SPROKIE en THE BOY WHO NEVER GAVE UP – daar is iets vir elke smaak. Ilse Salwedel praat oor SKRYFNET se skryfkursusse, en hulle soektog na die beste 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld vertel hy meer oor Margaret Atwood se langverwagte memoir, en THEFT, ‘n nuwe roman deur Abdulrazak Gurhah. Johan bring ook hulde aan Tom Robbins, en gesels oor Ian McEwan se jongste roman, WHAT WE KNOW.

Hoe veerkragtig is ons boere teen klimaatsuitdagings?

Hoe veerkragtig is ons boere om klimaatuitdagings die hoof te bied, en wat kan banke doen om te help? Zahnn Meyer van Nedbank vertel hoe banke moes aanpas om landbouprodusente by te staan. Sweetsiekte is ‘n veesiekte wat voorkom in gebiede waar die bontpootbosluis leef. Waarom word dit sweetsiekte genoem? Ons gesels met dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk hieroor.