Druk op produktiewe landbougrond is groot

Emmie Pietersen van Peritum Agri Instituut vertel van die Grain Depot-program wat in samewerking met Agbiz Grain aangebied word. Met die voltooiing van hierdie kursus word studente van ‘n werksplasing gewaarborg. Suzaan Smit van die Swellendam-landbouskou vertel wat vanjaar alles by die skou te sien sal wees. Ashia Petersen van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap praat oor die druk wat op produktiewe landbougrond geplaas word.

Ons gesels met Zirk van den Bergh oor ‘Landuit’

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy baie openhartige outobiografiese boek, LANDUIT.

Jy kan ook luister na ‘n huldeblyk aan Crystal-Donna Roberts, wat in 2022 haar debuut as jeugboekskrywer gemaak het.

In sy internasionale bydraes gesels Johan Myburg oor die 16 boeke op die langlys van die Women’s Prize for Fiction.

Jy kan ook meer uitvind oor CARELESS PEOPLE, ‘n boek waarin ‘n voormalige Facebook-hoëkop vertel presies hoe dinge agter die skerms werk by hierdie sosiale media reus.

Landbou: Bestuur stygende dieselkoste só

Diesel is een van die grootste insetkoste in ‘n boer se begroting. Stygende dieselkoste het nie net ‘n impak op Suid-Afrikaanse landbou en die produsent nie, maar ook die verbruiker. Gerhard Burger van Graan SA gee raad aan produsente oor die bestuur van stygende dieselkoste.
Daar is gebiede in die droë weste van die land wat welkome reën ontvang het, maar die prentjie lyk nie oral so rooskleurig nie. Ons hoor wat Sybil Visagie van Karoo Calling hieroor te sê het.

Wat jy moet weet van Kleuterzone beleggings

Volgens Anthonie Bougas, eienaar van die Kleuterzone-groep, het hy die afgelope paar jaar meer as R500 miljoen van beleggers ontvang wat in sy maatskappy belê het. Op die beleggings het hy astronomiese opbrengste van tussen 62,4% en 72,4% belowe. Moneyweb het egter snuf in die neus gekry, en in Februarie oor Kleuterzone en hulle beweerde bedenklike sake begin berig. Ons praat hieroor met Moneyweb se redakteur en aanbieder van RSG Geldsake, Ryk van Niekerk.

Luister ook:

Kleuterzone: Sommige beleggers kry nie hulle geld nie – 11 Maart 2025

Liesl Peyper, senior joernalis by Moneyweb, en Gys Grieshaber van Grieshaber Prokureurs, gesels oor Kleuterzone.
Volg RSG Geldsake op Twitter



Kleuterzone se Bougas reageer op kommer oor sakemodel – 18 Februarie 2025

Anthonie Bougas – stigter van KleuterZone en Dawie Klopper – welvaartbestuurder en beleggingsekonoom, PSG Wealth.

Volg RSG Geldsake op Twitter


Val KleuterZone in die “te goed om waar te wees”-kategorie? – 17 Februarie 2025

Liesl Peyper – senior joernalis, Moneyweb.
Volg RSG Geldsake op Twitter

Ons gesels met die skrywer van ons voorleesboek

 

Betsie van Niekerk

Betsie van Niekerk, skrywer van SO OOK OP DIE AARDE, wat soggens op RSG voorgelees word, vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar skryfloopbaan.

Prof. Steward van Wyk gesels oor die vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat later vanjaar by die UWK gehou word, en vertel ook meer oor die vier dekades wat verloop het sedert die eerste SAS.

In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld gesels hy oor vier misdaardromans wat deur The New York Times aanbeveel word, en bring hulde aan die Noord-Ierse digter Michael Longley.

Jy kan ook meer uitvind oor die Amerikaans-Nigeriese skrywer van wetenskapfiksie en fantasieromans vir volwassenes en jongmense, Nnedi Okorafor.

 

Wat beteken jou produktiwiteit?

Volgens Gallup se STATE OF THE GLOBAL WORKPLACE 2023 is slegs 23% van werknemers wêreldwyd werklik besig by die werk. Dit laat ‘n allemintige 77% van werknemers wat nie hulle kant bring nie. Die amptelike term daarvoor is Quiet Quitting. Wat behels dit, en watter invloed het dit op die werksmag en ekonomie. Ons praat hieroor met Anja van Beek, ’n talent- en kultuurstrateeg, asook leierskap- en menslike hulpbronkenner.

Beagle Watch se handel en wandel met verlore diere

Vakansietye is gewoonlik tyd vir rustig raak en afskaal, maar vir Beagle Watch is dit van die besigste tye, veral as dit by troeteldiere kom. Wat maak jy met jou diere as jy die pad vat om iewers te gaan ontspan? Is hulle veilig en versorg? Jy sal verbaas wees hoeveel troeteldiere eindig op in die straat, totaal verlore en verskrik. Desember was rof, en Paasfees is om die draai. Ons praat oor die versorging van hierdie verlore diere met Andre Aiton, besturende direkteur van Beagle Watch se gewapende reaksie, asook Sonja Kruger, een van die noodroepbeamptes in beheer van die honde-eenheid.