logo_sabc_header

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Internskap: Afrikaanse nuusbulletinskrywer

Die SAUK in Aucklandpark in Johannesburg het ‘n internskapsgeleentheid vir ‘n Afrikaanse nuusskrywer. Die minimumvereistes waaraan voldoen moet word, om aansoek te kan doen:

  • ‘n Graad in joernalistiek, mediastudies of ‘n soortgelyke kwalifikasie wat met sukses voltooi is
  • Afrikaans eerste taal skryf en praat
  • Sosialemedia-vaardigheid en die toepassing daarvan
  • ‘n Suid-Afrikaanse burger onder 35 jaar oud
  • Geen vorige internskapservaring in dié beroepsrigting nie

Alle aansoeke moet aanlyn gedoen word by die SAUK-Loopbaanportaal. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 19 Mei 2024.

Indien jy sukkel om jou aansoek in te dien, kan jy die SAUK se Menslike Hulpbronne-afdeling skakel by 011-714-8000.

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Geen aanbieders

Woensdag: 19:20 - 19:30

Wat is in die pot?

Barrie Ferreira

Woensdag: 19:30 - 20:00

Kunsmatige inteligensie word al hoe meer gebruik in opvoedkundige instellings. Barrie Ferreira praat met twee jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs wat KI-tegnologie ontwikkel het om studente se take en toetse te merk. Hy vind meer uit hoe die tegnologie werk, en hoe dit studente kan baat.

Ilse Salzwedel

Woensdag: 20:00 - 21:00

Ilse Salzwedel bring hulde aan prof. Maritha Snyman, kinderboekskrywer, akademikus en voormalige uitgewershoof, wat onlangs oorlede is. Vier voormalige studente/kollegas (Drr. Nandi Lessing-Venter en Marieta Nel, Samantha Miller en Anzil Kulsen) gesels oor Maritha se werk en menswees. Johan Myburg gesels oor die voordele van hardop voorlees vir kinders, ‘n leeslys vir twintigplussers wat deur ‘n Indiese webwerf saamgestel is en die kortlys vir die Ondaatjie-prys, ‘n belangrike internasionale letterkundeprys. Kinderboekskrywer De Wet Hugo praat oor sy skryfwerk en ‘n nuwe boek wat as een van die twee wenners van NB se 2023 Jeugboekpryse aangewys is.

Lise Roberts

Donderdag: 05:25 - 05:55

Die drie finaliste in die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek is aangewys. Die Karoo Winter Wolfees word oor ‘n maand by Middelburg in die Karoo aangebied. Van die skaap op die plaas tot die trui aan jou lyf. Alles gaan oor wol. Ons vind meer uit van die plaaslike springmieliebedryf by David Kretzmann van AGT Foods Africa.

Geen aanbieders

Donderdag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 52:
‘n Vierde aardbewing tref die dorp, en skud almal weer van koers af. Ester praat haar mond verby voor Jolene oor Manie se geldsakke. Ronel besluit om met die tweerigtingradio’s by die noodtafel te help. Lionel wys Jolene hoe hy sy kantoor by die polisiestasie ingerig het vir ‘n slaapplek vir hulle.

Hazel Janse van Rensburg

Donderdag: 19:30 - 20:00

Hazel Janse van Rensburg vind by Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie uit wat die gedragskode behels wat politieke partye, kandidate en kiesers moet volg.

Geen aanbieders

Donderdag: 20:00 - 21:00

PLASTON: DNS-KIND deur P.G. du Plessis
Regie: Robert Young
Plaston (Grieks vir ‘hy wat gemaak is’) is ‘n 19-jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie, Aardendal, aan waar hy in die gemeenskap geïntegreer word, en terselfdertyd fyn dopgehou word. Hy ontmoet vir die eerste keer ander mense, soos die dorpsidioot, die mooi jong meisie, Kotie, en die predikant Genopen. Plaston is ‘n wese in wie daar geen kwaad is nie, maar wat juis ‘n diep begeerte het om mens te word, pyn en liefde te ervaar, en probeer om bo sy programmatiese self uit te styg. ‘n Professor en sy personeel hou elke beweging wat hy maak fyn dop, en luister na elke woord wat hy sê. Hulle raak onthuts wanneer Plaston afwyk van sy programmatiese beheer, en sy nuutgevonde vryheid besef en begin geniet. Plaston word vertolk deur Richard van der Westhuizen. Ander veterane sluit in Rina Nienaber, Hennie O ...

Terrance April

Donderdag: 21:20 - 22:10

Luister na Mendelssohn se musiek vir die psalm, RICHTE MICH, GOTT, wat hy in 1843 voltooi het; ‘n aria uit Albert Lortzing se UNDINE; en ‘n deel uit Charles Alkan se Trio in G-mineur, Opus 30.

Fliekrubriek

baby-reindeer-1

Baby Reindeer (Reeks)

9/10
Jy mag nie BABY REINDEER op Netflix ignoreer nie. Hierdie skokreeks het die hele wêreld aan die praat. Jy…
sugar-1

Sugar (Reeks)

8/10
SUGAR op Apple+ is ‘n huldeblyk aan Film Noir, daardie donker filmgenre van die jare 40 en 50 waarin…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

onderstebokoek
Maandag 13 Mei 2024
Close Menu