Resep aangepas uit Maak vyf, Heleen Meyer
Fotokrediet: LiG-tydskrif | Fotograaf: Adel Ferreira
Lewer 4 porsies
My kinders was een aand lus vir pizza, maar daar was nie tyd om nog eers die deeg te maak nie. Ons het toe sommer pitas vir basisse oopgesny en dit het uitstekend gewerk. Ons is dol oor maklike kos waarmee die hele gesin kan help, want dit gee ons sommer lekker kuiertyd in die kombuis. Elkeen bou dan hul eie ‘pizza’ en jy kan amper enigiets as bolaag gebruik. Moet net die die bolaag te swaar maak nie, want die pitas is dunner as ’n ander pizzabasis. Die tamatiesous se geure is ’n lekker verrassing en dié pita-pizzas is perfek as naweek- of vakansiekos. Of sit dit as peuselhappie om die braaivleisvuur voor.