Wenke vir in en om die huis en kombuis
* Om vlieë weg te hou, steek ‘n bondeltjie bergsalie aan die brand sodat dit begin rook. Plaas dit in ‘n alikreukelskulp terwyl dit smeul. So rook jy die vlieë letterlik uit jou kombuis uit. Jy kan vars bergsalie onder jou matras sit om vlooie en myte uit jou kooi te hou.
* Jy kan groente wat oorgebly het inlê (pekel), dan hoef jy dit nie weg te gooi wanneer dit nie meer vars is nie. Pekelmengsel: asyn, suiker, sout en water.
* Vir ‘n omgekrapte maag: vars gemmer en kruisement.