The Weekend Away

The Weekend Away

THE WEEKEND AWAY op Netflix begin, nes vele ander kreupel flieks, belowend. ‘n Meisie (Leighton Meester) gaan kuier in Kroasië by ‘n vriendin. Hulle gaan die aand uit, die vriendin met ‘n rokkie korter as jou humeur wanneer jy sien hoeveel dit kos om brandstof in te gooi. Dan word sy vermoor. Die res van die film gaan oor wie dit gedoen het en hoekom. En, soos die resep vereis, peul geheime op vreemde plekke uit. Dis toeganklike vermaak, maar is geen Agatha Christie nie.