ALIEN VS PREDATOR

Al manier waarop ek dié fliek deurgesit het, was om te dink dat die regisseur van JERSEY GIRL deur die alien aangeval is en die regisseur van STEPFORD WIVES deur die PREDATOR. Dan kan dit ‘n luidrugtige fliek word en net as jy jou verbeelding gebruik, want die rolprentmakers het nie. In Alien vs Predator lei die PREDATORS hul jongelinge op deur hulle op ‘n planeet vol aliens los te laat. Hulle moet so hul heldeksap bewys. En ons het gedink ONS inisiasie-skole is moeilik!

Dis net ‘n aaneenskakeling van mense wat deur monsters opgevreet word, dom karakters wat in donker hoekies skuil waar hulle WEET monsters skuil en spesiale effekte. Kyk liewer weer na die eerste twee ALIENS en die eerste PREDATOR op DVD. ALIEN VS PREDATOR is ‘n resep-gedrewe videospeletjie wat nooit ‘n draagbare speeltafel moes verlaat het nie. 5 uit 10. Waar is Arnold Schwarzenegger as jy hom nodig het?