POOH’S HEFFALUMP MOVIE

Langnaweke is soms nagmerries vir ouers… maar dit hoef nie te wees nie. Met die verminderde pryse by sommige teaters kan julle die kleingoed by POOH’S HEFFALUMP MOVIE aflaai EN vir hulle geld in die hand stop vir koeldrank en springmielies. Of jy self moet saamgaan, weet ek nie, want dis UITSLUITLIK vir kinders. POOH’S HEFFALUMP is ‘n animasie-prent waarin die arme Roo die gevreesde Heffalump moet gaan vang.