Man on a Ledge

Man on a Ledge

As jy aan hoogtevrees lei soos ek, maak dit nie saak wat die storie is nie, die 14-verdieping afgrond onder ‘n man se voete is genoeg om jou wakker te hou. Hierdie drama speel feitlik deurgaans op ‘n lysie van ‘n hoë gebou af. ‘n Eks-polisieman wat uit die tronk ontsnap het (Sam Worthington) dreig om te spring. Maar daar is meer agter sy skynbare selfdoodpoging as wat jy dink. ‘n Polisiesielkundige probeer hom oorreed om nie te spring nie.

Jy ken die resep: elke keer is dit amper-amper… maar as hy te vroeg spring …as hy sou spring, is daar nie ‘n fliek oor nie. Dus: hoe knel die regisseur jou aandag in boeie? Deur allerhande slenters te probeer. En jy gaan vir meeste van hulle val. Dis geen Hitchcock nie, net soms kunsmatige spanning oor die afgrond hieronder jou en ‘n man wat dreig om te spring. Dis gemiddelde naweekvermaak op Netflix en Showmax.