Jeffrey Epstein: Filthy Rich (tv-reeks / Netflix)

Jeffrey Epstein: Filthy Rich (tv-reeks / Netflix)

Die kindermolesteerder Jeffrey Epstein se naam was onlangs weer in die nuus toe prins Andrew, wat met hom vriende was, ‘n uitval met die koningin oor sy bedenklike vriendskap gehad het. Epstein het tientalle meisies so jonk as 12 gemolesteer oor ‘n tydperk van, ongelooflik soos dit mag klink, 30 jaar! Volgens hierdie reeks was hy ‘n gewetenlose psigopaat met ‘n buitengewone hoë ambisie en uitstekende selfbeeld, slu oorredingsvermoë, ‘n narsis, ‘n geldwolf, en het meisies by die dosyne verkrag en hulle lewe vernietig. Hy het vir jare met sy vergrype weggekom, maar die wiele van die wet draai stadig, en toe die getuienis teen hom te oorweldigend word, is hy vir die tweede keer in hegtenis geneem, steeds met die selfversekerde grynslag en apatie op sy gesig. Maar dié slag het sy vorige o-so-vroom-slenters nie weer gewerk nie.

In JEFFREY EPSTEIN: FILTHY RICH, kan jy binne die bestek van vier episodes oorbluf gade slaan aan watter gruwelvergrype hierdie monster homself skuldig gemaak het. Hy het kindermolestering, veral op sy privaateiland, met sy vroom gesig tot ‘n fyn kuns vervolmaak, en was natuurlik, o, so onskuldig. Hy het die regstelsel, sy politieke konneksies en sy charisma tot op ‘n punt gebruik. Net ‘n waarskuwing: die reeks is uitmergelend en uiters skokkend. Elke episode is omtrent ‘n uur lank, en jy sal oorbluf staar na tonele wat mense kan skok. Die regisseur het met talle van sy slagoffers gepraat, maar sy verwaande, selfversekerde reaksies daarop mag jou bloed laat kook.