Kaasbord
Rooster die druiwe direk op die oop vuur – moenie bang wees dat dit te warm is, hoe warmer hoe beter. Die korrels sal begin oopbars, en daar moet skroeimerke op wees. Bedien die warm druiwe met 'n verskeidenheid kase en warm suurdeegbrood.
Plankie-steak met chimichurisous
Braai steak van jou keuse. Vra jou slagter om vir jou 'n groot beeslendestuk te sny eerder as om klaar opgesnyde porsies te koop. Dit is ook makliker om die heel lende te braai as die kleiner porsies. Smeer die vleis met olyfolie en klein bietjie dijon- of korrelmosterd. Vryf growwe sout en peper in die vleis, en braai dit tot medium, of jou keuse, en laat staan dit eenkant vir 10 minute voordat jy dit voor jou gaste op 'n groot houtbord in dun skyfies sny. Geur met seesoutvlokkies en growwe swartpeper na smaak.
Chimchurisous
Meng al die bestandele goed saam, en toets vir nog sout of peper.
Die belangrikste is dat al die bestanddele met die hand gekap moet word, en nie met 'n voedselverwerker nie – jy wil 'n growwe tekstuur hê.
Bedien saam met die gebraaide steak.
Steurgarnale oor die kole
Koop die grootste steurgarnale wat jy kan bekostig, met die dop en kop aan. Sny die steurgarnaal oop met 'n skêrtjie op die rugkant van die stertjie tot waar die kop begin, en haal die dermpie uit. Op hierdie manier “butterfly” jy die garnaal, en dit kan plat gedruk word in 'n toeknyp rooster.
Peri-peribotter
Smelt al die bestandele saam, en laat dit staan vir 'n uur sodat al die geure kan deurwerk.Moet nooit steurgarnale marineer nie – pak al die garnale in 'n toeknyprooster en braai oor warm kole terwyl dit heeltyd met die botter geverf word. Die garnale moet net pienk word, dan is dit reg. Moenie dit oorgaar maak nie. Bedien met suurlemoenskywe.
Koreaanse snoekbraai met waterblommetjie-kimchi
Braai die snoek oor die kole met 'n tradisionele botter- en appelkooskonfytsous. Vlok die snoek en plaas dit in die middel van die tafel met die bestanddele soos aangedui. Gaste maak dan hulle eie kropslaai-wrap deur van bestanddele van hulle keuse bymekaar te sit en in die slaaiblare toe te rol.
Waterblommetjie-kimchi
Hierdie proses neem drie dae
Dag een
Sny die Chinese kool fyn en voeg dit in water met 'n handvol growwe sout. Laat dit oornag staan.
Dag twee
Rasper die daikon en wortels grof. Voeg dit in bak water en 'n handvol growwe sout. Lata dit staan vir 30 minute.
Dreineer die Chinese kool, diakon en wortels, en waterblommetjies van alle water.
Was 'n groot mengbak met soutwater om seker te maak die fermentasieproses word nie belemmer nie.
Voeg die Chinese kool, wortel-mengsel en waterblommetjies in die mengbak.
Druk al die water uit,en maak seker daar is niks water in die mengsel nie.
Meng die knoffel en gemmer in die mengsel in.
Laat dit oornag in die yskas staan.
Dag drie
Meng die kimchisous en brandrissiepoeier by die mengsel in.
Was 'n fles uit met soutwater.
Druk die mengsel in die fles in tot dit to bo vol is.
Seël die vles met kleefplastiek en draai deksel op.
Laat dit buite die yskas staan vir die fermentasieproses om te begin.
Dag vier
Plaas die fles in die yskas.
Kimchi kan maande lank hou in 'n geseëlde glasfles.
Appelkooskonfytbottersous
Meng al die bestanddele in 'n klein kastrol oor lae hitte totdat die botter gesmelt is.
Roosterkoek met beenmurg
Vorm roosterkoekgroote rolletjes met die deeg.
Braai dit oor lae hitte tot gaar – klop die roosterkoek met jou vinger, en as dit 'n hol klank het, is dit gaar.
Bedien warm met gebraaide murgbene. Die idee is dat jy die sagte murg uit die been skep en op die roosterkoek smeer.
Weskus-mosselpot
Verhit olie in 'n driepootpot.
Braai die uie, knoffel en gemmer tot sag en die ui deursigtig is, maar nie bruin nie.
Voeg die mossels en die wyn by, en druk die suurlemoene se uit waarna jy die suurlemoene ook in die pot sit.
Plaas die deksel op, en stoom die mossels tot gaar.
Voeg die room en pietersielie aan die einde by en roer deur.
Bedien roosterkoek of suurdeegbrood.