Errieda du Toit het hierdie smaaklike potjie geproe by die Dankiefees wat jaarliks op Vioolsdrif gehou word.
Errieda du Toit het hierdie smaaklike potjie geproe by die Dankiefees wat jaarliks op Vioolsdrif gehou word.
250 g droëperskes
250 ml brandewyn
4 skaapskenkels, hakskene geknak
90 ml olyfolie
4 uie, fyngekap
4 selderystokke, fyngekap
4 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
sout en gemaalde swartpeper
2 groot handevol piekeluitjies, geskil
2 x 410 g blikke chakalaka
2 x 410 g heelgeskilde tamatie
1 blik (410 g) perskehelftes in stroop
500 ml vleisaftreksel of water
Dreineer die ingelegde perskes, en behou die stroop.
Maak die brandewyn warm, giet dit oor die droë perskes in ‘n bakkie, en laat dit staan tot die perskes uitgeswel het.
Geur die skenkels met sout en peper.
Verhit die olie in ’n groot ysterpot, verbruin die vleis alkante, haal uit en hou eenkant.
Voeg die ui, seldery en wortel in die pot en braai tot die uie sag en goudbruin is.
Plaas die vleis terug in die pot saam met die uitjies, chakalaka, tamatie, ingelegde perskes, uitgeswelde droëperskes en brandewyn.
Skep 45 ml perskestroop by, proe en geur met sout en peper.
Plaas die deksel op, en prut tot die vleis van die been afval – minstens 2 ure.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za