250 ml warm water
15 g gis
1 teelepel strooisuiker
450 g broodmeel
2 teelepels sout
1 eetlepel olyfolie
1 eier, gesklits
Meng 3 eetlepels water met die gis en strooisuiker in 'n klein bakkie, en bêre in 'n warm plek vir omtrent 10 minute totdat jy klein borreltjies op die oppervlak sien.
Sif die broodmeel en sout saam in 'n groter bak en roer die gismengsel daarby in wanneer dit gereed is.
Meng dieolyfolie en genoeg water met die meel, sout en gismengsel sodat dit 'n sagte deeg vorm.
Gooi 'n klein bietjie meel op 'n broodbord en op jou hande, en knie die deeg vir omtrent 10 minute totdat dit glad en elasties is.
Rol die deeg in 'n bal en sit dit in 'n groot bak wat met olyfolie gesmeer is. Trek 'n stuk kleefplastiek, wat ook met olie gesmeer is, daaroor, en bêre dit in 'n warm plek vir omtrent 'n uur totdat dit twee keer so groot is.
Stel die oond op 220 grade Celsius wanneer die deeg gereed is, en knie dan die deeg plat om al die lug uit te kry.
Verdeel die deeg in 8 stukke, en rol die stukke in 8 balletjies.
Sit die balletjies op 'n bakplaat wat ook met olyfolie gesmeer is, en maak weer toe met die kleefplastiek. Laat dit vir omtrent 30 minute staan.
Na 30 minute sal die balletjies twee keer so groot wees. Smeer die geklitste eier daaroor.
Bak vir 20 – 25 minute totdat dit goudbruin is.
As jy op die bokant van die rolletjies klop en dit klink hol, is hulle gereed.
Geniet saam met botter of margarien en enige ander lekker smeerding!
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za