Cevapi is die absolute gunsteling dwarsoor die Balkanlande. Variasies op hierdie heerlike worsies verskyn ook in elke hoek van die Midde-Ooste. Ek hou veral daarvan dat dit sonder vel is en dus bruiner braai terwyl dit baie sappig binne bly. Voorts vries dit baie goed en kan dan sommer direk gebraai word sonder om dit te hoef ontvries. Tradisioneel word dit hier in Motenegro gemaak met `n kombinasie van bees, vark en lamsvleis, maar omdat lamsmaalvleis nie dikwels in Suid-Afrika beskikbaar is nie, laat ek dit hier uit.