3 eiers
¾ koppie strooisuiker
1½ koppie koekmeel
1½ teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
11 eetlepels melk
3 eetlepels botter
Sous:
1¼ koppie suiker
1 koppie water
1 koppie vars uitgedrukte lemoensap
3 teelepels lemoenskil, gerasper
2 eetlepels botter
knippie sout
Kook die melk en botter saam, en laat dit effens afkoel.
Klop die eiers en suiker goed saam.
Sif in ‘n ander bak die meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg dit by die eiermengsel.
Vou die melk en bottermengsel in by die meel-en-eiermengsel.
Voeg die beslag in ‘n ringkoekpan, en bak vir 20 – 25 min teen 180 grade Celsius.
Sous
Kook al die bestanddele saam, gooi die sous oor die warm koek in die pan.
Laat die koek rus totdat dit al die sous absorbeer het.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za