The Boss Baby: Family Business

The Boss Baby: Family Business

Dis onmoontlik om te dink hoe hulle ‘n vervolg op THE BOSS BABY kon maak, waarin Alex Baldwin se stem die baba gespeel het, maar los dit vir Hollywood om ‘n vervolg so vergesog uit te dink, dat selfs pikkies daardeur kan sien. Vergesog oorskry hier alle perke.

Die twee boeties word weer babas en kleuters, en moet ‘n krisis oplos. Kleuters en jonges, wat nie eers weet wat ‘n resensie is nie, sal dit geniet en skaterlag vir al die kleurvolle en uitspattige manewales waardeur die babas gaan. Vir hulle en vir ouers wat sommer net wil sit en hulle gedagtes laat gaan, mag dit werk. Wat my betref, is dit uitsluitlik vir onder 12’s.