21:20 - 22:10

Musiekbonbons

Met Terrance April

Nou op die lug: 22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

Shahieda Carlie

Volgende: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Tuis | Aanbieders | Estel de Beer
Estel de Beer small website

Estel de Beer

Estel de Beer  is RSG se Senior Regisseur: Mandaat, wat verantwoordelik is vir die stasie se drama- en opvoedkundige programme.

Haar liefde vir die kunste en kommunikasie begin op skool waar sy aan toneel deelneem en die nasionale redenaarskompetisie van die ATKV wen. Sy begin in 2009 by RSG as stemkunstenaar verskeie rolle in radiodramas te vertolk. Estel was bykans sewe jaar ‘n omroeper en projekkoördineerder by ‘n radiostasie. Haar radioprogram en projekte waarby sy betrokke was, word vier keer benoem vir die South African Radio Awards, en sy wen in 2021 die beste promosiegeleentheid vir ‘n gemeenskapsradiostasie by die toekennings. In dieselfde jaar word sy benoem vir die #GoeieGons radiopersoonlikheid van die jaar toekenning. In 2017 skuur sy skouers met bekende sportlui as mede-aanbieder van die kykNET-program, Op die Skouers van Reuse. In 2022 speel Estel weer in radiodramas wat op RSG uitgesaai word en doen ook ‘n boekvoorlesing. Sy maak ‘n draai in die korporatiewe wêreld as kommunikasiepraktisyn en inhoudkoördineerder voor sy by RSG aansluit. Estel voltooi haar LLB en BCom Honneurs in Kommunikasiebestuur aan die Universiteit van Pretoria asook ‘n Gevorderde Diploma in Projekbestuur aan Akademia. Sy voltooi kursusse in toneelspel by onderskeidelik Pali en Acting on Screen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: