00:00 - 04:45

Deurnag (Vrydag)

Nou op die lug: 04:45 - 05:00

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

Eloise Pretorius

Volgende: 05:00 - 05:55

Wakker

Met Esté Gross

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Johan van Lill
Johan van Lill

Johan van Lill

Johan van Lill het verskeie opvoedkundige kwalifikasies en is een van die min mans in Suid-Afrika met grondslagfase-onderwyskwalifikasies. Hy is ’n ervare skrywer van etlike opvoedkundige reekse en ontwikkelaar van kurrikulummateriaal vir laer- en hoërskole. Hy skryf gereeld vir tydskrifte en koerante oor die ontwikkeling van wiskunde en leesvaardighede by kinders en is ook die amptelike opvoedkundige konsultant vir HIP2B² wat vaardighede in wiskunde, wetenskap, tegnologie en entrepreneurskap onder Suid-Afrikaanse kinders ontwikkel. Johan spesialiseer daarin om ouers en onderwysers op te lei om hulle kinders optimaal voor te berei vir skool en formele leer.

Hy is ‘n ervare motiveringspreker, radio aanbieder, uitgewer en ontwikkelaar van inhoud. Johan het gespesialiseerde kennis van geletterdheid, elektroniese leer-, media-geletterdheid en tegnologie. Hy is ‘n bekende skrywer en gewilde spreker.

Program: Groeipyne

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Die program fokus op aktuele sake in die onderwys wat kan dien as inspirasie vir onderwysers, leerders en ouers. Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: