23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Mari Molefe van Heerden
Mari Molefe van Heerden web

Mari Molefe van Heerden

Mari Molefe van Heerden is op die ouderdom van twee deur ‘n Afrikaanse familie aangeneem. Sy het in Port Elizabeth grootgeword en jare later in Pretoria haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Menlopark deurgebring. Sy is ‘n betroubare en uiters vasberade individu met ‘n passie om te leer. Sy het haar BA in Drama aan die Universiteit van Pretoria voltooi, waar sy ook haar liefde vir radio ontdek het.  Sy was drie jaar lank ‘n omroper by TuksFM, en spoedig ná haar studies het sy haar eerste TV-rol losgeslaan in Villa Rosa as die parmantige en geliefde Lerato. Mari het haar eie produksiemaatskappy, TwinHearts, in 2015 gestig, en is tans besig om haar tweede film te vervaardig. Sy is al langer as tien jaar in die rolprent- en TV-bedryf en is genomineer vir beste aktrise by die SAFTA’s in 2021 vir die televisiekomedie, Die Vlieënde Springbokkie. Sy het al in verskeie TV-produksies en films verskyn, en haar stem kan gereeld op die radio gehoor word, veral op RSG se Hartebreker.  Sy is tans is ook een van die Turkse telenovella-dramaregisseurs, wat daagliks op Kyknet & kie vertoon word.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: