15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Carla Mackenzie

Carla Mackenzie

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Kiskenades

Tuis | Aanbieders | Pieter Steyn
Pieter Steyn small web

Pieter Steyn

Pieter is Op en Wakker se inhoudsregisseur. Hy is ’n joernalis en storiesmous wat sedert 2005 in die media betrokke is. Sy eerste werk in die mediabedryf was toe hy soggens vroeg telefone moes antwoord en klagtes hanteer van Volksblad-intekenare wie se koerante nie afgelewer is nie. Daarna het hy in die sirkulasie- en bemarkingsafdeling gewerk totdat hy uiteindelik in die nuuskantoor aangestel is. Benewens Volksblad, het Pieter al ‘n draai in die nuuskantore van Huisgenoot, Beeld, Netwerk24 en Rapport gemaak. Hy was ses jaar lank die inhoudsredakteur van Prontuit, ’n aktualiteitsprogram op kykNET. Deesdae is hy ’n inhoudskonsultant vir Prontuit en ander kykNET-aktualiteitsprogramme. Pieter het verskeie Vodacom Joernalis van die jaar-toekennings ontvang, verskeie ATKV-mediaveertjies en ander toekennings. Hy maak ’n vinnige draai by The Guardian en The Associated Press in Londen in 2012 en was Media24 se joernalis-in-residensie in Amsterdam in Nederland in 2016.  Hy is mal oor Suid-Afrika se dorre streke en die Kalahari (en die Bosveld, al is dit nie so dor nie) is sy gunsteling streek. Madeleine van Biljon noem guilty pleasures, skelm passies. Lekker rooiwyn is een van Pieter se skelm passies.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: