23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Willem Pelser
Willem Pelser small web

Willem is in Matatiele gebore, het sy skoolloopbaan op Kokstad begin, grootgeword en gematrikuleer op Burgersdorp, geswot in Kaapstad, en sy loopbaan in Pretoria afgeskop. Na vier-en-‘n-half jaar in diens van ‘n gemeenskapsradiostasie in die hoofstad het hy in November 2006 ‘n betrekking losgeslaan by RSG. Sederdien het hy al ‘n hele rits programme aangebied, dokkies vervaardig en krieket uitgesaai. Hy is ook sedert Maart 2014 ‘n gereelde nuusleser op die Afrikaanse bulletien op SABC 2, en tree gereeld op as stemkunstenaar en seremoniemeester.

Willem het ‘n passie vir reis, meestal in Suid-Afrika. Hy was al oorsee, maar – soos hy sê – hy verafsku vlugte wat langer as twee ure duur. In sy vrye tyd geniet hy ‘n goeie boek en om die teater te besoek. Hy is ook ‘n motorentoesias. Willem het ‘n passie vir diere en raak boos wanneer iemand diere mishandel of afskeep.

“Moet jou nie steur aan beledigings nie, maar ook nie aan komplimente nie, want beide is ewe oordrewe,” is sy gunsteling slagspreuk.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: