A BOY CALLED TWIST

‘n Plaaslike fliek, naamlik A BOY CALLED TWIST. Dit is deesdae hoogmode om klassieke romans of operas aan te pas vir die silwerdoek en ‘n moderne weergawe daarvan te maak. Dink aan U-Carmen Ekhayelitsha van ‘n paar maande gelede. A Boy called Twist gebruik die Oliver Twist – verhaal van Charles Dickens en verplaas dit na ‘n moderne S.A. samelewing. Ongelukkig werk dit nie heeltemal nie. Eerstens wil ‘n mens die rolprentmakers gelukwens met hul durf en deursettingsvermoë. Om geld vir A BOY CALLED TWIST in die hande te kry, was skynbaar ‘n reuse-taak. Maar hulle het die onmoontlike reggekry en die draaiboek na die silwerdoek verplaas. Net daarvoor verdien TWIST jou ondersteuning.