Alaska Daily (Reeks / Disney+)

Alaska Daily (Reeks / Disney+)

‘n Humeurige, moeilike joernalis, gespeel deur die dubbele Oscarwenner, Hilary Swank, beland in Anchorage in Alaska waar sy ‘n plaaslike koerant wil regruk. Maar niks wil werk nie. Dan slaan sy met mening toe. Die reeks is nogal krities oor die pers, veral wanneer redakteurs bevooroordeeld is. En ook omdat die plaaslike bevolking dikwels moet terugstaan en hulle sake nie so maklik opgelos word nie.

Die reeks herinner so bietjie aan Northern Exposure oftewel Goeie Môre Alaska, destyds op televisie. ‘n Buitestaander word nie sommer maklik aanvaar in die geslote Alaska-gemeenskap nie, tot sy op die nare waarheid afkom. ‘n Vrou het twee jaar gelede verdwyn. Wat het gebeur? Dan word ‘n tweede, voortvarende joernalis aangestel…

Probeer iets anders. ALASKA DAILY mag jou verras met sy vars invalshoek.