ALIAS GRACE (Reeks)

ALIAS GRACE (Reeks)

ALIAS GRACE op Netflix herinner nogal aan The Handmaid’s Tale en is veeleisend en donker en selfs neerdrukkend. Dit speel in 19e eeuse Kanada af waar ‘n vrou aan gruwelike martelings in ‘n gestig onderwerp word omdat sy ‘n moord gepleeg het, of so word beweer. ‘n Goedhartige sielkundige ondervra haar om uit te vind of sy vrygelaat moet word. Episode 1 bestaan meestal uit ‘n ondervragingsessie tussen pasiënt en sielkundige, dus word die vertellings onderbreek deur dramatiese gebeure.

As jy van The Handmaid’s Tale gehou het, behoort ALIAS GRACE jou te interesseer, want dit lewer veral kommentaar oor die manier waarop vroue destyds misken, misbruik en gemartel is. Dis geen kou-gou-‘n-toffie-en-sluk-dit-met-sjokolademelk-af-reeks nie. Jy sal redelik onthuts voel na die eerste moeilike episode waar jou kop in die rooi moet ref om by te hou.