ALLEN V. FARROW (Reeks)

ALLEN V. FARROW (Reeks)

Wat sou die antwoord wees op die voortslepende hofsake en aanklagte teen Woody Allen uit die Mia Farrow-kamp, behalwe  dat niemand regtig weet presiés wat gebeur het nie en net gedurig na aanklagte en moddergooiery luister? Die dokumentêre minireeks, ALLEN V. FARROW, wys sake hoofsaaklik uit die Farrow-perspektief, omdat Woody Allen weier om met die media te praat, behalwe om die aanklagte in ‘n halfminuut te ontken. ‘n Mens hoor net soms kwinkslae of eenlyners van hom. Allen word daarvan verdink dat hy Farrow se dogter, Dylan, seksueel gemolesteer het toe sy sewe was, wat hy ontken. Sy is ook vies omdat hy met haar aangenome dogter Soon-Yi Previn getrou het. Hulle het al twee kinders. ALLEN V. FARROW is ‘n boeiende dokumentêr, maar soms baie eensydig en herhalend. ‘n Saak het altyd twee kante, al is die ander kant skuldig, en ‘n dokumentêr moet albei kante wys, want hierdie een gee nie eintlik nuwe inligting nie.