ASSAULT ON PRECINCT 13

As jy van testosteroon aanmekaargesit is, as jy nie vir ‘n oomblik kan stilsit nie en kafeïne soos sjokolade verorber, en as ‘n taai rugbywedstryd jou net lusmaak vir nog aksie, is ASSAULT ON PRECINCT 13 vir jou. Dis ‘n nuwe weergawe van die klassieke John Carpenter-fliek van 1977 en die John Wayne-cowboy-drama van 1959 deur Howard Hawks, Rio Bravo.

‘n Groep macho polisiemanne sluit ‘n verlate polisiestasie vir oulaas voor dit platgestoot word. ‘n Bus vol gevaarlike macho misdadigers strand naby hulle en hulle moet die klomp daar aanhou. En ‘n groep macho korrupte polisiemanne wil die bende bevry. ‘n Geveg tot die dood vind plaas waar die polisiestasie letterlik aan flared geskiet word. Ek gebruik MACHO moedswillig so dikwels, want die fliek sidder van manlike aggressie en bloedige geweld. Die f-woord word 127 keer in ASSAULT ON PRECINCT 13 gebruik… iemand het getel. As jy gaan kyk, weet dus hulle vloek jou onder die tafel in, die bloed spat, sidderende gewere maai mense af en mooi meisies wys alles so tussen die sweet en testosteroon Baie gewelddadig en macho as jy van daardie sort vermaak hou.